Pitsweer Oes - Kots Bpk



Die lewe op straat is moer goed,

weer is koud, maar kos is in oorvloed

Asblikke krap of ashoop grou

vul my maag - voorsien iets om te kou

Die armoede en hongersnood,

ek is dood tevrede met net droe brood

Kontribasies kan jy los

want ek ken die geheim van koningskos:

Gee my net padkos - my stapelvoedsel(whuff-whuff)

Ek eet dit elke dag en geniet dit elke slag(miaauw)

Die vlie die dans in die straat

want die tref-en-trapper's 'n spoedvraat

Pels is verwyder met 'n kuns,

die vleisies is gereed, dis nou lekker mince

Nou-nou eet ek fastfood weer -

laat die maaltyd klaar braai op die teer

Kou die wurms en maggots mis

en dan geniet dit daarna as 'n ekstra dis

Gee my net padkos - my stapelvoedsel(m-m)

Ek eet dit elke dag en geniet dit elke slag(moeeeeee)



Le Meilleur de toute la Musique en Paroles, Chansons et Lyrics sur www.Paroles-Lyrics.fr